Dienste Click here for English

 

Finansiële rekenmeesters

COMPUTUS bied die totale spektrum van professionele rekenmeestersdienste aan binne die standaarde en riglyne van SAIPA (South African Institute of Professional Accountants). Kortliks behels hierdie dienste die oprigting van beslote korporasies en trusts, die registrasie van entiteite vir Inkomstebelasting en BTW, die volledige maandelikse finansiële rekordhouding van ondernemings, die jaarlikse opstel van finansiële state, die indien van Inkomstebelasting- en BTW-opgawes, die verifikasie van belastingaanslae, die nakom van sekretariële pligte van beslote korporasies en maatskappye teenoor CIPRO (Companies and Intellectual property Registration Office) en die uitvoer van administratiewe verpligtinge van trusts.

COMPUTUS se beleid is ook om akkurate inligting tydig aan sy kliënte te voorsien.  Rekordhouding word maandeliks op datum gebring terwyl die finansiële state binne vier maande na die sluitingsdatum van die finansiële jaar afgelewer word. 

SAIPA LogoSAIPA is ‘n professionele ligaam met meer as 6 000 professionele rekenmeesters (studente en assosiate uitgesluit) in die praktyk, handel en nuwerheid, regering en akademie. Die meerderheid lede is in openbare praktyke en bied rekeningkundige en verwante dienste, oudits uitgesluit, aan die algemene publiek en die sakesektor, spesifiek dié wat as klein en medium sake-ondernemings kwalifiseer.
Lidmaatskappy aan SAIPA beteken plaaslike en internasionale erkenning vir professionele rekenmeesters, verseker dat hulle op hoogte bly met plaaslike en internasionale verwikkelings in die rekenmeestersprofessie en skep ‘n gereguleerde netwerk met ander professionele rekenmeesters.

SAIPA-lidmaatskap gaan gepaard met ‘n verskeidenheid produkte en dienste wat volgehoue opleiding insluit om lede se kennis, bevoegheid en vaardighede op datum te hou sodat hulle hul verantwoordelikhede binne plaaslike en internasionale regulatoriese raamwerke en standaarde kan uitvoer.


Forensies rekenmeesters

Kessler definieer forensiese rekenmeesterskap soos volg:

 "Forensic and investigative accounting is the application of financial skills and an investigative mentality to unresolved issues, conducted within the context of the rules of evidence. As a discipline, it encompasses financial expertise, fraud knowledge, and a strong knowledge and understanding of business reality and the working of the legal system".  

Op regsgebied het ons spesifieke kennis as kundigheidsgetuienes en dispute tussen boere en insetverskaffers.

Op landbougebied het ons spesifieke kennis van boedelbeplanning en erfopvolging, boerderybestuur, meganisasiebestuur, vertakkingsbegrotings, kontantvloeibegrotings, landbouekonomiese vergelykings en die interpretasie van finansiële state.

Op korporatiewe bestuursgebied het ons spesifieke kennis van bedrogvoorkoming, forensiese ondersoeke en risiko-ontledings.


Landbou-ekonomiese dienste

Die kern van COMPUTUS se landbou-ekonomiese dienste is die opstel van kontantvloeibegrotings en die samestelling van produksie-jaareindstate.  Daarby word die boer ook in sy besluitneming met advies bygestaan met die bestuursinligting as vertrekpunt.

Die opstel van die kontantvloeibegroting behels:

Die produksiejaareindstate word saamgestel uit:

Die verskaffing van advies aan die kliënt behels:

Terug na Bo